About Madie




25kg Verloor
My Weight Loss Journey
EK was moedeloos, het verlede jaar deur ‘n egskeiding gegaan en selfs nog dikker geword. Ek sê dik, want teen Februarie die jaar was ek DIK! My maag het sommer so ‘n rol oor my bobene gehang en om uit die bad te kom was ‘n “MISSION”.
Ek het elke Maandag begin dieet, maar teen die aand het ek weer letterlik als wat voorkom in my mond geprop! Dit was ‘n bose kringloop.
Net na my egskeiding het ek ‘n boek geskryf, juis oor hoe om te oorwin. Dit was tyd om my eie raad te volg, want self oorgewig kan “vlenters” in ‘n lewe veroorsaak.
“Die lewe sal altyd ‘n warboel van vlenter gedagtes bly. Tog het elke mens die mag om sy eie “collage” prentjie uit die vlenters bymekaar te kry.
Die grootste geheim tot sukses in die lewe is KEUSES”
Toe hoor ek van hierdie 100% natuurlike produk wat veilig is vir mense met chroniese siektes. Selfs kinders en borsvoedende mamma’s kon dit gebruik. Die agent het my verseker dis ook veilig vir my. Dit bestaan net uit plant en kruie ekstrakte en is spesifiek geformuleer om spesifieke gewigsprobleme soos stadige metabolisme, toxins, cravings en vet verbranding te “target”.
Dit was tyd om ‘n KEUSE te maak! EK besluit om oë toe te knyp en ‘n kit te koop. Ek was nog nie ‘n dag spyt nie! In my eerste 6 weke het ek 9 kg verloor en tot vandag toe ‘n totaal van 18kg. Ek kan letterlik elke dag sien hoe my maag krimp, want ja, ek verloor nog steeds. Ek is ‘n nuwe mens, kan weer maklik bad, gaan stap en my voete bykom.
EK voel werklik goed en het nog nie ‘n dag se newe effekte ervaar nie! Die eerste ding wat ek elke oggend doen, is om na my maag in die spieël te gaan kyk. Dis vir my die lekkerste lekker om te sien hoe dit kleiner word 

EK het sedertdien besluit om die produk self ook te verkoop. Nie net kry ek so my produk goedkoper nie, maar ek kan ook ander help wie se lewens geaffekteer word deur oorgewig. Boonop genereer dit ook ‘n goeie inkomste vir my.

